Daar’s
water!
Letterlik.
Watter toeval
dat die kollega
wat die vervoer
verskaf het
na die uitstalling
van grafiese kuns
ter stuiwing van
die fonds vir die
leniging van o.m.
die Tsunami-hulpbehoewendes in Japan
ook ‘n as siviele
ingenieur met
watertoevoer gewerk
het?
Sestig
grafiese kunstenaars
uit die V.S.A., Kanada,
Meksiko, Brasilië,
Brittanje,
Frankryk,
Poland,Indië,
Australie,
Japan en Suid-Afrika het
aan die uitstalling
deelgeneem..
Dit
is by die
Medi-spa sentrum
gehou, op die plek
waar vroeër ‘n
rivier geloop
het.
Japanse
konsul, die
eregas, klammerige
en koulik ná ‘n
buitjie reën is
eers vir
een van die gaste
aangesien. Met baie
buigings en glimlagies
na alle
kante is die aanbieders
en organiseerders
nietemin warm bedank.
Drie
lede van die klub
het gewys hoe
mens vrede
en harmonie
kan
handhaaf terwyl
jy met uiters
gevaarlike wapens
en oophandtegnieke
jouself verdedig.
‘n
Video met
grepe uit
die ramp is vertoon
terwyl
die terwyl mens
kan
die kuns besigtig.
Die karate verening,
Yuishinkai Kobujutusu
Kaapstad het die
reëlings getref.
Hier
is een voorbeeld
van die uitstalling.
The
Black Swan

Jack van
der Schyff se laaste skop -Deur ORG POTGIETER
Springbok-rugby se annale is vol spelers wat so 'n indruk gemaak het dat
hulle dekades later nog vir hul spel geroem word. Maar in die annale is
daar ook 'n paar spelers wat gebreek, verstoot en selfs verguis is. En dit
was nie altyd hul eie skuld nie. Bo-aan die lys van geknakte spelers is
die naam van Jack Henry van der Schyff.
(lees meer)

tai chi
terwyl die huis
skoonword
poleer ek my wapens
(lees meer)

Dikkkop voetslaanpad Koeberg
11/08/30 Barbara Potgieter
Wat is dit wat mens bybly ná 'n voormiddag op
die Dikkop voetslaanpad te Koeberg?
Is dit die lyfseer van die uitmergelende 17
km, of die skoolgroepie springbokrammetjies naby die ingang aan't wei, of
die wetstoepassing vir sitplekgordels al is jy agter op 'n bakkie, of die
mooi weer of die veld of selfs die statige eland soos 'n groot rots in die
middel van die vlakte? (lees meer)

Die bekende uitsig op
Tafelberg en die duine en klapperbosse en die bondel haarwurms en
rietbosse is almal 'n prikkel vir die oog.
Wat mens nie maklik sal vergeet nie, is die
dramatiese ballet van die pelikane op die panne.
Daar waar mens my die uitkykhut sit, vasgenael
deur die skouspel, is jy totaal afgesluit van die moontlikheid van 'n
geelslang se besoek soos daar duidelik by die ingang gewaarsku word.
Asemrowend.
Mens sien die wit seile van die Sydney-operahuis
soos hulle met toe vlerke vorentoe duik in die water om te vreet. Hulle
kom weer saam op soos 'n geoliede rat, in die yslike masjien van die bio.
Hoër op is die valer broeders met hule wart
gepunte vlerke dramaties uitgestrek soos groot verhoog poppe gereed vir
hulle beurt in die kollig. Een lig sy vlerke soos wafferse politikus wat
'n punt wil beklemtoon.
Ook die opstyg en land kan geen
airbus hulle nadoen nie! Mens hoop net hulle sal nie die lot
tref van om soos die corpus cristi
waarvan hulle simbool is, in die elektriese drade van die tyd verstrengel
raak nie.
Die panne is gelukkig 'n hele ent weg van die
drade. Daar word probeer om hulle sigbaar te maak vir voëls.
Die bergfietsroete wat onlangs ingestel is, is
ook gewild en ons het fietsryers teengekom. Ons het nie paaie gekruis met
ander voetslaners nie.
Dit is 'n hele entjie na die voëlkyk -
skuiling. 'n Volgende keer kan mens met jou kameratoerusting wat kan swaar
word op so 'n lang roete, fietsry tot by die voëluitkykpunt.
Daar is ook die korter Grysbokroete
(2.5-5.7km) wat net so pragtig is. Die korter roete bied meer tyd om die
uitstekende uitstalling by die besoekers sentrum te besigtig. Videos word
ook vertoon. Dit is Maandag tot Donderdag oop van 08.00 tot 16.30, Vrydae
tot 13.30 en naweke en vakansiedae is dit gesluit.
Om daar te kom ry mens met die R27 na
Melkbosstrand. Toegang is gratis.
Besoek Koebergkragsentrale se tuisblad bied
heelwat inligting. 'n brojure is ook beskikbaar met 'n kaartmet die
voetslaan en bergfietspaaie en belangrike belangstellingspunte.
Dit was vir my nogal nuus hoe ondergrondse
water vanaf die reservaat vir gebruik na die nabyliggende Atlantis
woongebied gepomp word. Hier is 'n groot aantal geïdentifiseerde voëls,
wilde diere in die skaars strandveld en sandveld tipe habitat.
http://www.eskom.co.za/c/article/52/what-does-koeberg-power-station-offer/
.co.za
bel 021 55046567 fo faks 021 5505120
Ek sien uit na 'n weersiens met die pelikane.

Om
by sy storie uit te kom, moet 'n mens 55 jaar teruggaan – na 6 Augustus
1955 – toe die Britse Leeus en die Springbokke mekaar op Ellispark in die
eerste toets voor 90 000 toeskouers aangevat het.
(Sommige bronne tel
nog twee-, drie-, tot sesduisend by.)
Om hierdie dag in
perspektief te stel, moet jy sê dat geen toerspan voor of ná die Britse
Leeus die rugbykoors só aangestook het nie. Nie net had hulle waarskynlik
die beste agterlyn gehad wat nog hier gesien is nie, hulle het hom ook
gebruik en die skares gelok oral waar hulle gekom het.
En Suid-Afrikaners was
rugbyhonger, aangevuur deur die sukses in die tuisreekse teen die All
Blacks van 1949 (4-0) en die Wallabies van 1953 (3-1) en die
triomfantelike toer van die Springbokke van 1951-'52 in Brittanje en
Frankryk. En toetse was skaars, gewoonlik net vier elke tweede jaar.
Die nuwer geslag sal
moeilik begryp hoe groot die opwinding in die amateur dae vir lang
rugbyreekse en toetse was. Dit is nie al wat anders was nie. Die spelers
het almal heeltydse betrekkings gehad, baie van hulle blouboordjie en
beskeie. Jy het twee keer 'n week geoefen, Saterdae vir jou klub gespeel
(as jou provinsie nie in aksie was nie) en die heel bestes het elke tweede
jaar 'n kans gekry om vir die Springbokke te speel.
Gregor Paul in
sy boek Black Obsession som dit só op:
"Daardie dae se
spelers was professioneel in die manier waarop hulle rugby gespeel en
geniet het. Deesdae se spelers is professioneel omdat hulle betaal word."
Hy voeg by dat die
verandering onvermydelik was.
Die mense het in hul
tienduisende op Ellispark toegesak. Ekstra paviljoene is gebou en
vervalste kaartjies en swartmark-kaartjies het die ronde gedoen.
Uiteindelik kon die vloedgolf van mense nie gekeer word nie – hulle het
oor drade begin klimp en minstens een van die toegangshekke is uit
radeloosheid oopgegooi.
Mike Shafto,
oud-koerantman, onthou dit so:
"Die sitplekke aan
die oop paviljoen se kant was bankies van treinspore se dwarslêers.
Daardie dag het ons op hulle gestáán, en tussen die bankies het mense
gestaan, sommer twee, drie diep. 'n Vriend se moeder was ook daar en sy
het vertel al wat sy van die toets gesien het was wanneer die bal in die
lug geskop was. Twee seuntjies wat afgedwaal het se pa is met uitroepe
opgespoor, en hulle is kophoogte deur die menigte na hom toe
aangegee, want dit was ál manier."
Jack was weer die span
se heelagter ná sy vier toetse teen 1949 se All Blacks en nadat hy vir die
reekse van 1953 en 1951-'52 se toer oor die hoof gesien was, maar darem in
drie wedstryde vir die destydse Rhodesië teen die Wallabies gespeel het.
In die Leeus se eerste toerwedstryd –
hulle het met 6-9 teen Wes-Transvaal verloor – was hy die held met 'n lang
strafdoel en 'n skepdoel van goed 65 meter.
Die toets het
voorspoedig begin vir die Springbokke en hulle was kort voor lank met 11-3
voor, ook danksy Van der Schyff, wat twee strafdoele behaal en Theunis
Briers se eerste drie vervyf het.
Toe is die volle mag van die Leeus
ontplooi, en vier drieë later was hulle met 23-11 voor.
'n Oninhaalbare
voorsprong, of so het dit gelyk. Maar die toerspan moes vir 'n groot deel
van die tweede helfte met 14 man klaarkom, die Springbok-voorspelers se
krag het hulle begin tap en drieë deur Sias Swart en Chris Koch het die
paviljoene laat wieg en die skare laat brul.
Tom Lyons, 'n
Walliese toerganger, het in 'n brief só aan sy vrou berig:
"The roar of an
Afrikaans crowd cannot be repeated unless it be with a full orchestra.
It’s full throated & seems to tear the vocal chords asunder. Just a
lion-like roar, without words & quite like a jungle sound. It not only
chilled my blood, I felt a horror creep over me at its bestiality. When
the Springboks are pressing they start up a chant, roaring 'NOU NOU NOU.'
The ferocity & menace in their voices is a part of sport beyond my ken."
Jack van der Schyff
was – met sy tien punte tot dusver – nog die held nadat hy ook Koch se
drie vervyf het. Sy toets sou in beseringstyd kom, toe Briers twee Leeus
met sekondes oor na die doellyn klop vir sy tweede drie.
Alles sou van die
vervyfskop afhang. Meer as 90 000 mense – nee, almal wat oor die lengte en
breedte van die land en in Brittanje op die radio ingeskakel was – het
asem opgehou.
Tony O'Reilly,
die Leeus se briljante vleuel, het dit in later jare só opgesom:
"Ek was met daai skop in direkte
verbintenis met die Vatikaan."
En toe skop Jack mis,
en toe wen die Leeus 23-22. En nooit voorheen, en nooit daarna, was daar
so 'n alleen en verslae Springbok op 'n rugbyveld nie.
Met Jack se dood in
2001 het Daan du Toit, wat klubrugby saam met hom gespeel het, gesê hoe
Jack hom vertel het dat hy kort voor die skop hard gelak en effens
duiselig was. Hy sou vir Stephen Fry, die kaptein, gesê dat hy nie skop
wil vat nie, maar Fry wou nie bes gee nie.
Die reeks is uiteindelik 2-2 gedeel nadat
die Bokke groot oorwinnings in die tweede en vierde toets behaal en die
derde toets met 6-9 verloor het.
Nie dat dit 'n troos
vir Jack was nie, want hy sou nooit weer vir Suid-Afrika speel nie.
Skoppensboer sou die volgende jaar sy laaste skuif maak.
Hy was 'n uitblinker
in die proewe wat vir die 1956-toerspan na Nieu-Seeland gehou was. Meer
nog, sy naam was op die spanlys en dit was nie sy skuld dat Salty du Rand
– die kort-van-aangewese kaptein – Jan Pickard se neus in 'n onderonsie in
'n hotelkamer van vorm verander het nie.
Daar is inderhaas 'n
nuwe leier aangewys, en die vergete en verby-sy-beste Basie Vivier is as
kaptein en heelagter gekies.
Dr. Danie Craven:
"Jack was op die punt om gekies te
word toe iemand met die briljante idee gekom het om plek vir Vivier as
kaptein te maak, en Jack is weggelaat. Ons het sy ontsaglike lang skoppe
in Nieu-Seeland gemis."
(Craven was die afrigter, en die Bokke
het die reeks met 1-3 verloor.)
Baie jare later het Buks Pietersen van
Rapport en 'n fotograaf besoek by Jack afgelê. Hulle is Ellispark toe
en die bal is op dieselfde tragiese kolletjie geplaas. Maar toe skop Jack
vas.
"Nee, ek gaan nie weer traai nie. My hart
het daai dag gebreek. Die bal het mooi getrek, maar toe swenk hy weg. Die
dêm ding was pap.
"Daai was die beste wedstryd wat ek
gespeel het. Maar ook die swakste. Jy verstaan mos?"
Dr. Craven:
"Daardie skop het sy lewe geruïneer,
nie omdat dit mis was nie, maar weens al die kritiek, toe, en vir jare
daarna. Dit het hom gebreek."
En tog, en tog is daar 'n beter einde aan
die storie van Jack van der Schyff, want Pierre Marais was in 1980
gelukkiger toe hy daardie trefferreeks Springbok Sage vervaardig
het.
Hierdie keer het Jack ingewillig om – 'n
kwarteeu later - weer te probeer. En toe skop hy raak. En daai skop is op
video vasgelê vir almal om te sien hy kón.
Dis die minste wat Jack verdien het.
NASKRIF: Die wêreldrekord vir 'n
rugbyskare is die 109 874 wat in 2000 na die Drienasies-wedstryd tussen
die All Blacks en die Wallabies in die ANZ-stadion in Sydney gekyk het.

Springbok 01-09-2010
'n Motorrit met die N7 langs na Springbok vra baie sit, maar
daar is genoeg afrdaaiplekke langs die pad om die toer die moeite werd te
maak.
kliek hier vir
foto's

Stellenbosch -20 Mei-2010-BP
Daar is altyd iets om te doen vir 'n die
foto-entoesias.
"die jaar word ryp in goue akkerblare..." en as jy nou
moeg is vir blare afneem, is daar altyd die fotograwe...

Outdshoorn-Die
ABASA Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Die moontlikheid om 'n Kunstefees vanaf 'n
afstand te beleef, is beproef toe die volgende berigte deurgestuur
is na onsdorp.com
(lees meer)
Kaapstad -20-28 Maart Out The Box Poppefees
23-03
Humor mag universeel wees, dog grappies is nie vir almal
ewe snaaks nie.Dít is hoekom almal in die gehoor gisteraand gedink
Tranquila, 'n Israelse produksie by die amptelike opening verdien 'n
staande ovasie nie. Tegnies goed afgewerk, flink regie, interessante
momente, 'n samesmelt van sirkus-, poppe -en drama elemente kon nie
opmaak vir 'n idee wat nie regtig aangrypend aangebied is nie. Die
teks ondersoek aspekte van 'n sieke se bewussyn en onderbewussyn.
Vermaaklik, vreemd , oorspronkilik.
Asemrowend? Nee.

Kaapstad-5 Maart
Ink is nie sommer net ink nie, so het die studente van
Miles Huang uitgevind toe hulle na die eerste les waartydens hy die ink
verskaf het, verduidelik het hulle moet van nou af self die ink
maak. (lees
verder)

Mowbray - 26 Januarie
Baie interessante inligting oor die oorsprong en doel van
die obelisk is ons meegedeel deur 'n Suid-Afrikaner
waarop ons kan trots wees.
Hierdie ongelooflike groot en swaar
voorwerpe is wyd en syd rondgekarwei.
Die beste en mees onlangse bron
is volgens hom: B. Curran et al., Obelisk
(2009)
Dr.
Grant Parker en me. Lila Komnick van die Egiptiese verenging.

Die inkstafie is van saamgepersde houtskool en
gom gemaak en is kliphard. Geen water sal dit oplos tensy mens dit op 'n
inksteen wring nie.
Drie druppels water van die kwas is genoeg om mee te begin. Hou die stafie
vertikaal en skuur dit in dieselfde rigting todat die ink donker genoeg
is. Is dit te flou, vloei dit te veel op die ryspapier. Om die regte
hoeveelheid ink op die kwas te kry, die kwasaksie en die vloei van die ink
te ko ordineer, neem oefening. Di is nie verbasend dat ons die
tweede les vir twee uur lank net twee soorte punte geoefen het nie.
Die huiswerk is om dun strepe verf.
Ek wou vir my plesier 'n tier skilder vir die Sjinese nuwe jaar.
Ná 'n paar probeerslae is ek maar weer terug op strepies en verskillende
soorte balkies oefen.
Ai.
