Home writing cameras contact

 Tydskrif

back

2011

tai chi

terwyl die huis

skoonword

poleer ek my wapens (lees meer)

 

September

bulletJack van der Schyff se laaste skop -Deur ORG POTGIETER

Augustus

bulletDikkkop voetslaanpad Koeberg  Barbara Potgieter

foto's kliek hier

 

Dassie Stories

April 2010

Doop 'n pen in trane

vertel van 'n

mens

reeds deel

van die ander

in 'n oomblik gevuur

die aarde wag

hou 'n greintjie dna

vir kloning

die dag as uniekheid

uitgesterf het

©bp

in memoriam Gideon Loubser 12 April 2010

 

Maart 2010

Poppefees

harder klip kap klip
swoeg en sweet
om ET se ouers
te laat weet

sedert Farao
is ons hier
vergeet

rig goue piramides
op die son
laat die obeliske
selfs swerf
voor jy sterf


wat as
die paradys toe
heeltyd hieronder was

bp
 

  Laai Adobe Acrobat Reader gratis hier af

Afrikaanse speltoetser - Die gratis Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office 2000/XP/2003/2007 (Word, Excel, Access, PowerPoint en Outlook). Laai hier af

Januarie 2010

Smeer room aan die

hande

waks aan die skoene

ink aan die hart

 

/


Daar’s water!

Letterlik.

Watter toeval dat die kollega wat die vervoer verskaf het na die uitstalling van grafiese kuns ter stuiwing van die fonds vir die leniging van o.m. die Tsunami-hulpbehoewendes in Japan ook ‘n as siviele ingenieur met watertoevoer gewerk het?

Sestig grafiese kunstenaars uit die V.S.A., Kanada, Meksiko, Brasilië, Brittanje, Frankryk, Poland,Indië, Australie, Japan en Suid-Afrika het aan die uitstalling deelgeneem..

Dit is by die Medi-spa sentrum gehou, op die plek waar vroeër ‘n rivier geloop het.

Japanse konsul, die eregas, klammerige en koulik ‘n buitjie reën is eers vir een van die gaste aangesien. Met baie buigings en glimlagies na alle kante is die aanbieders en organiseerders nietemin warm bedank.

Drie lede van die klub het gewys hoe mens vrede en harmonie kan handhaaf terwyl jy met uiters gevaarlike wapens en oophandtegnieke jouself verdedig.

n Video met grepe uit die ramp is vertoon terwyl die terwyl mens kan die kuns besigtig. Die karate verening, Yuishinkai Kobujutusu Kaapstad het die reëlings getref.

Hier is een voorbeeld van die uitstalling.

The Black Swan

 

Jack van der Schyff se laaste skop -Deur ORG POTGIETER

Springbok-rugby se annale is vol spelers wat so 'n indruk gemaak het dat hulle dekades later nog vir hul spel geroem word. Maar in die annale is daar ook 'n paar spelers wat gebreek, verstoot en selfs verguis is. En dit was nie altyd hul eie skuld nie. Bo-aan die lys van geknakte spelers is die naam van Jack Henry van der Schyff. (lees meer)

tai chi

terwyl die huis

skoonword

poleer ek my wapens (lees meer)

Dikkkop voetslaanpad Koeberg 11/08/30 Barbara Potgieter

Wat is dit wat mens bybly ná 'n voormiddag op die Dikkop voetslaanpad te Koeberg?

Is dit die lyfseer van die uitmergelende 17 km, of die skoolgroepie springbokrammetjies naby die ingang aan't wei, of die wetstoepassing vir sitplekgordels al is jy agter op 'n bakkie, of die mooi weer of die veld of selfs die statige eland soos 'n groot rots in die middel van die vlakte? (lees meer)

Die bekende uitsig op Tafelberg en die duine en klapperbosse en die bondel haarwurms en rietbosse is almal 'n prikkel vir die oog.

Wat mens nie maklik sal vergeet nie, is die dramatiese ballet van die pelikane op die panne.

Daar waar mens my die uitkykhut sit, vasgenael deur die skouspel, is jy totaal afgesluit van die moontlikheid van 'n geelslang se besoek soos daar duidelik by die ingang gewaarsku word.

Asemrowend.

Mens sien die wit seile van die Sydney-operahuis soos hulle met toe vlerke vorentoe duik in die water om te vreet. Hulle kom weer saam op soos 'n geoliede rat, in die yslike masjien van die bio.

Hoër op is die valer broeders met hule wart gepunte vlerke dramaties uitgestrek soos groot verhoog poppe gereed vir hulle beurt in die kollig. Een lig sy vlerke soos wafferse politikus wat 'n punt wil beklemtoon.

Ook die opstyg en land kan geen airbus hulle nadoen nie! Mens hoop net hulle sal nie die lot tref van om soos die corpus cristi waarvan hulle simbool is, in die elektriese drade van die tyd verstrengel raak nie.

Die panne is gelukkig 'n hele ent weg van die drade. Daar word probeer om hulle sigbaar te maak vir voëls.

Die bergfietsroete wat onlangs ingestel is, is ook gewild en ons het fietsryers teengekom. Ons het nie paaie gekruis met ander voetslaners nie.

Dit is 'n hele entjie na die voëlkyk - skuiling. 'n Volgende keer kan mens met jou kameratoerusting wat kan swaar word op so 'n lang roete, fietsry tot by die voëluitkykpunt.

Daar is ook die korter Grysbokroete (2.5-5.7km) wat net so pragtig is. Die korter roete bied meer tyd om die uitstekende uitstalling by die besoekers sentrum te besigtig. Videos word ook vertoon. Dit is Maandag tot Donderdag oop van 08.00 tot 16.30, Vrydae tot 13.30 en naweke en vakansiedae is dit gesluit.

Om daar te kom ry mens met die R27 na Melkbosstrand. Toegang is gratis.

Besoek Koebergkragsentrale se tuisblad bied heelwat inligting. 'n brojure is ook beskikbaar met 'n kaartmet die voetslaan en bergfietspaaie en belangrike belangstellingspunte.

Dit was vir my nogal nuus hoe ondergrondse water vanaf die reservaat vir gebruik na die nabyliggende Atlantis woongebied gepomp word. Hier is 'n groot aantal geïdentifiseerde voëls, wilde diere in die skaars strandveld en sandveld tipe habitat.

http://www.eskom.co.za/c/article/52/what-does-koeberg-power-station-offer/

.co.za bel 021 55046567 fo faks 021 5505120

Ek sien uit na 'n weersiens met die pelikane.


Om by sy storie uit te kom, moet 'n mens 55 jaar teruggaan – na 6 Augustus 1955 – toe die Britse Leeus en die Springbokke mekaar op Ellispark in die eerste toets voor 90 000 toeskouers aangevat het.

(Sommige bronne tel nog twee-, drie-, tot sesduisend by.)


Om hierdie dag in perspektief te stel, moet jy sê dat geen toerspan voor of ná die Britse Leeus die rugbykoors só aangestook het nie. Nie net had hulle waarskynlik die beste agterlyn gehad wat nog hier gesien is nie, hulle het hom ook gebruik en die skares gelok oral waar hulle gekom het.


En Suid-Afrikaners was rugbyhonger, aangevuur deur die sukses in die tuisreekse teen die All Blacks van 1949 (4-0) en die Wallabies van 1953 (3-1) en die triomfantelike toer van die Springbokke van 1951-'52 in Brittanje en Frankryk. En toetse was skaars, gewoonlik net vier elke tweede jaar.


Die nuwer geslag sal moeilik begryp hoe groot die opwinding in die amateur dae vir lang rugbyreekse en toetse was. Dit is nie al wat anders was nie. Die spelers het almal heeltydse betrekkings gehad, baie van hulle blouboordjie en beskeie. Jy het twee keer 'n week geoefen, Saterdae vir jou klub gespeel (as jou provinsie nie in aksie was nie) en die heel bestes het elke tweede jaar 'n kans gekry om vir die Springbokke te speel.

 

Gregor Paul in sy boek Black Obsession som dit só op:

"Daardie dae se spelers was professioneel in die manier waarop hulle rugby gespeel en geniet het. Deesdae se spelers is professioneel omdat hulle betaal word."

Hy voeg by dat die verandering onvermydelik was.


Die mense het in hul tienduisende op Ellispark toegesak. Ekstra paviljoene is gebou en vervalste kaartjies en swartmark-kaartjies het die ronde gedoen. Uiteindelik kon die vloedgolf van mense nie gekeer word nie – hulle het oor drade begin klimp en minstens een van die toegangshekke is uit radeloosheid oopgegooi.


Mike Shafto, oud-koerantman, onthou dit so:

"Die sitplekke aan die oop paviljoen se kant was bankies van treinspore se dwarslêers. Daardie dag het ons op hulle gestáán, en tussen die bankies het mense gestaan, sommer twee, drie diep. 'n Vriend se moeder was ook daar en sy het vertel al wat sy van die toets gesien het was wanneer die bal in die lug geskop was. Twee seuntjies wat afgedwaal het se pa is met uitroepe opgespoor, en hulle is kophoogte deur die menigte na hom toe aangegee, want dit was ál manier."

 

Jack was weer die span se heelagter ná sy vier toetse teen 1949 se All Blacks en nadat hy vir die reekse van 1953 en 1951-'52 se toer oor die hoof gesien was, maar darem in drie wedstryde vir die destydse Rhodesië teen die Wallabies gespeel het.


In die Leeus se eerste toerwedstryd – hulle het met 6-9 teen Wes-Transvaal verloor – was hy die held met 'n lang strafdoel en 'n skepdoel van goed 65 meter.

 

Die toets het voorspoedig begin vir die Springbokke en hulle was kort voor lank met 11-3 voor, ook danksy Van der Schyff, wat twee strafdoele behaal en Theunis Briers se eerste drie vervyf het.

 

Toe is die volle mag van die Leeus ontplooi, en vier drieë later was hulle met 23-11 voor.

 

'n Oninhaalbare voorsprong, of so het dit gelyk. Maar die toerspan moes vir 'n groot deel van die tweede helfte met 14 man klaarkom, die Springbok-voorspelers se krag het hulle begin tap en drieë deur Sias Swart en Chris Koch het die paviljoene laat wieg en die skare laat brul.


Tom Lyons, 'n Walliese toerganger, het in 'n brief só aan sy vrou berig:

"The roar of an Afrikaans crowd cannot be repeated unless it be with a full orchestra. It’s full throated & seems to tear the vocal chords asunder. Just a lion-like roar, without words & quite like a jungle sound. It not only chilled my blood, I felt a horror creep over me at its bestiality. When the Springboks are pressing they start up a chant, roaring 'NOU NOU NOU.' The ferocity & menace in their voices is a part of sport beyond my ken."


Jack van der Schyff was – met sy tien punte tot dusver – nog die held nadat hy ook Koch se drie vervyf het. Sy toets sou in beseringstyd kom, toe Briers twee Leeus met sekondes oor na die doellyn klop vir sy tweede drie.

 

Alles sou van die vervyfskop afhang. Meer as 90 000 mense – nee, almal wat oor die lengte en breedte van die land en in Brittanje op die radio ingeskakel was – het asem opgehou.


Tony O'Reilly, die Leeus se briljante vleuel, het dit in later jare só opgesom:

"Ek was met daai skop in direkte verbintenis met die Vatikaan."


En toe skop Jack mis, en toe wen die Leeus 23-22. En nooit voorheen, en nooit daarna, was daar so 'n alleen en verslae Springbok op 'n rugbyveld nie.


Met Jack se dood in 2001 het Daan du Toit, wat klubrugby saam met hom gespeel het, gesê hoe Jack hom vertel het dat hy kort voor die skop hard gelak en effens duiselig was. Hy sou vir Stephen Fry, die kaptein, gesê dat hy nie skop wil vat nie, maar Fry wou nie bes gee nie.

 

Die reeks is uiteindelik 2-2 gedeel nadat die Bokke groot oorwinnings in die tweede en vierde toets behaal en die derde toets met 6-9 verloor het.


Nie dat dit 'n troos vir Jack was nie, want hy sou nooit weer vir Suid-Afrika speel nie. Skoppensboer sou die volgende jaar sy laaste skuif maak.


Hy was 'n uitblinker in die proewe wat vir die 1956-toerspan na Nieu-Seeland gehou was. Meer nog, sy naam was op die spanlys en dit was nie sy skuld dat Salty du Rand – die kort-van-aangewese kaptein – Jan Pickard se neus in 'n onderonsie in 'n hotelkamer van vorm verander het nie.


Daar is inderhaas 'n nuwe leier aangewys, en die vergete en verby-sy-beste Basie Vivier is as kaptein en heelagter gekies.


Dr. Danie Craven:

"Jack was op die punt om gekies te word toe iemand met die briljante idee gekom het om plek vir Vivier as kaptein te maak, en Jack is weggelaat. Ons het sy ontsaglike lang skoppe in Nieu-Seeland gemis."

(Craven was die afrigter, en die Bokke het die reeks met 1-3 verloor.)


Baie jare later het Buks Pietersen van Rapport en 'n fotograaf besoek by Jack afgelê. Hulle is Ellispark toe en die bal is op dieselfde tragiese kolletjie geplaas. Maar toe skop Jack vas.


"Nee, ek gaan nie weer traai nie. My hart het daai dag gebreek. Die bal het mooi getrek, maar toe swenk hy weg. Die dêm ding was pap.

 

"Daai was die beste wedstryd wat ek gespeel het. Maar ook die swakste. Jy verstaan mos?"

Dr. Craven:

"Daardie skop het sy lewe geruïneer, nie omdat dit mis was nie, maar weens al die kritiek, toe, en vir jare daarna. Dit het hom gebreek."

 

En tog, en tog is daar 'n beter einde aan die storie van Jack van der Schyff, want Pierre Marais was in 1980 gelukkiger toe hy daardie trefferreeks Springbok Sage vervaardig het.


Hierdie keer het Jack ingewillig om – 'n kwarteeu later - weer te probeer. En toe skop hy raak. En daai skop is op video vasgelê vir almal om te sien hy kón.

 

Dis die minste wat Jack verdien het.


NASKRIF: Die wêreldrekord vir 'n rugbyskare is die 109 874 wat in 2000 na die Drienasies-wedstryd tussen die All Blacks en die Wallabies in die ANZ-stadion in Sydney gekyk het.

Springbok 01-09-2010

'n Motorrit met die N7 langs na Springbok vra baie sit, maar daar is genoeg afrdaaiplekke langs die pad om die toer die moeite werd te maak.

kliek hier vir foto's

Stellenbosch -20 Mei-2010-BP

Daar is altyd iets om te doen  vir 'n die foto-entoesias.

"die jaar word ryp in goue akkerblare..." en as jy nou moeg is vir blare afneem, is daar altyd die fotograwe...

Outdshoorn-Die ABASA Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Die moontlikheid om 'n Kunstefees vanaf 'n afstand te beleef, is beproef toe  die volgende berigte deurgestuur is na onsdorp.com  (lees meer)

Kaapstad -20-28 Maart Out The Box Poppefees

23-03

Humor mag universeel wees, dog grappies is nie vir almal ewe snaaks nie.Dít is hoekom almal in die gehoor gisteraand  gedink Tranquila, 'n Israelse produksie by die amptelike opening verdien 'n staande ovasie nie. Tegnies goed afgewerk, flink regie, interessante momente, 'n samesmelt van sirkus-, poppe -en drama elemente kon nie opmaak vir 'n idee wat nie regtig aangrypend aangebied is nie. Die teks ondersoek aspekte van 'n sieke se bewussyn en onderbewussyn. Vermaaklik, vreemd , oorspronkilik.

 Asemrowend? Nee.

Kaapstad-5 Maart

Ink is nie sommer net ink nie, so het die studente van Miles Huang uitgevind toe hulle na die eerste les waartydens hy die ink verskaf het, verduidelik het hulle moet  van nou af self die ink maak. (lees verder)

Mowbray - 26 Januarie

Baie interessante inligting oor die oorsprong en doel van die obelisk is ons meegedeel deur 'n Suid-Afrikaner waarop ons kan trots wees.

Hierdie ongelooflike groot en swaar voorwerpe  is wyd en syd rondgekarwei.

Die beste en mees onlangse bron  is volgens hom: B. Curran et al., Obelisk (2009)
 

Dr. Grant Parker en me. Lila Komnick van die Egiptiese verenging.

Die inkstafie is van saamgepersde houtskool en gom gemaak en is kliphard. Geen water sal dit oplos tensy mens dit op 'n inksteen  wring nie. 

Drie druppels water van die kwas is genoeg om mee te begin. Hou die stafie vertikaal en skuur dit in dieselfde rigting todat die ink donker genoeg is. Is dit te flou, vloei dit te veel op die ryspapier. Om die regte hoeveelheid ink op die kwas te kry, die kwasaksie en die vloei van die ink te ko ordineer, neem oefening.  Di is nie verbasend dat ons die tweede les vir twee uur lank net  twee soorte punte geoefen het nie.

Die huiswerk is om dun strepe verf.

Ek wou vir my plesier  'n tier skilder vir die Sjinese nuwe jaar.

Ná 'n paar probeerslae is ek maar weer terug op strepies en verskillende soorte balkies oefen.

Ai.

 

      

 

 


Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gaan vanjaar soos gewoonlik voort en Oudsthoorn se mense is oorgehaal

gespanne of afwagtend vir die boere wat kom makietie.

En makiete ís dit, lyk dit my. Mens kan van die more tot die aand eet drink en te kere gaan sonder om eers

blootgestel te word aan die hoge "kultuur". Jy kan daglank by gratis eet - en drinkplekke luister hoe outjies en

meisies hulle harte uit sing en lawaai met die steun van die borge wat hulle goeters hier wil promoveer. Daar is

natuurlik die stallejties waar mens enige joligheid kan koop. Die grandes onder die klomp gaan in hotelle,

gastehuise en sommer gewone huise tuis terwyl lgn. se eienaars in die bediendekamer die tyd uitsit of my tant

Anna op die plaas gaan kuier.

Vir 'n ou bloukous soos ek is daar ook genoeg kultuur met goeie musiek en 'n ernstige dramatjie of so tussen al

die klugte.

Daar is besprekings oor bv. voedselsekerheid, poligamie en die joernalistiek.

Julle moet nou net nie dink lgn. dui op enige ernstige probleme wat ons met die dinge het nie.

Daar is ook lekker lesings en teatergesprekke: sien lgn onderwerpe op die internet by

http://www.kknk.co.za/files/2010/Absa_KKNK_2010_Die_Burger_Praat_Saam_Boeke_en_Teatergesprekke.pdf

So met die jare saam raak mens baie lekkerbek. Neem dit dus in ag as ek vir julle my lys gee van opvoerings wat

ek nie sou wou misloop nie:

Musiek en Sang: Bach Goldberg: dit is musikensemble met Zanta Hofmeyer wat viool speel, Morkel Combrink op

die altviool en Wessels Beukes op die tjello.

Coenie de Villiers, net omdat ke nooit ‘n uitvoering van Coenie sal wil misloop nie.

Voila- Chris Chameleon wat effektief die gaping tussen die aanhangers van popmusiek en die ander oorbrug het.

Diva- Amanda Strydom: ai mens,sy is ‘n kunstenaar van format!

Laurinda en Riku omdat ons persoonlike belange het by die geleentheid.

Kaapse Breyani - David Kramer se groep wat reeds by die Suid-Oosterfees opslae gemaak het.

Dans: Grond en So loop 'n Volstruis. Hieroor hoop ons om later meer breedvoerig te besprrek.

Drama: The Famished Road wat by Aardklopfees te Potchefstroom n prys gewen het en die komedie, Sing met

twee van my geliefkoosde komediante oor die dekades: Tobie Cronjé en Liz Meiring in die hoofrolle. As die Broek

Pas met Antoinette Kellerman wat ons op die Woordfees op Stellenbosch misgeloop het en Skrapnel, geskryf

n.a.l.v. ‘n reeks selfmoord bomaanvalle in Londen. Dan wil ek ook Batesda nie misloop nie, net omdat ek al jare

gelede daaraan gedink het hoe opwindend dit sou wees om ‘n opvoering by ‘n swembad te hou.

Woordkuns: Verse in my Vingers, met Breyten Breytenbach se verse onder die loep. Gaan kyk by

www.verseinmyvingers.co.za

Die dagprogram van die musiekverhoë: http://www.kknk.co.za/artikel/verhoog-1

As jy tyd het, gaan kyk self na die feesprogram op die internet:

http://www.kknk.co.za/files/2010/Absa_KKNK_2010_Feesprogram

*

Intussen sal ons ons spioene aansê om te gaan kyk wat gebeur nog op Oudtshoorn, dan stuur ons vir julle ‘n

notatjie of so deur.

jin en jan

 

asem in

asem uit

 

uit die groot vat

neem

 sodat jy kan gee

 

hou die bal tussen jou

hande

 

die tong agter die boonste tande

in konsentrasie

gerig op die

 die manipuleer

van energie

 

soos die son

in Zeus se hande

©bp04/08/2011